Subscribe by Email

EVV ontken dat Zuma se vervanging ‘n voorvereiste vir die vorming van koalisies is

Mbuyiseni+Quintin+NdloziDie Ekonomiese Vryheidsvegters sê hy het nog altyd ‘n oopdeur-beleid gehad en praat met alle partye, insluitend die ANC, oor moontlike koalisies in munisipaliteite. Die party se sentrale bevel het in Johannesburg vergader waar woordvoerder Mbuyiseni Ndlozi aan die media gesê het daar is baie moontlikhede op die tafel, insluitend koalisies en herverkiesings. Hy sê die EVV het nooit ‘n beleid gehad om nie met die ANC te praat nie. Ndlozi het ook ontken dat die party Zuma se vervanging gestel het as voorvereiste vir onderhandelings.