Subscribe by Email

Europa veroordeel Iraanse sensuur van buitelandse media

Bygedra deur Albert, ons korrespondent in Vlaandere.

Die Europese Unie eis dat die Iraanse owerheid onmiddellik stop met die  sensuur van uitsaai-sinjale van buitelandse radio- en televisieprogramme via satelliete, en die sensureer van die Internet. Dit is volgens ‘n verklaring wat die ministers van buitelandse sake vandag op ‘n byeenkoms in Brussel geneem het.

Laas week het die fundamentalistiese moslemregering in Iran die deurstraling van programme van Deutsche Welle en die Britse BBC erg versteur.Die Europese ministers het gesê hulle versteuring vorm ‘n inbreuk op die verdrag van die VN oor burgerregte en politieke regte wat Iran geratifiseer het.

“Die Europese Unie is ernstig verontrust oor die maatreëls en manier wat die Iraanse outoriteite geneem het om hulle inwoners te verhinder om vry te kan kommunikeer en om met die satelliet, radio en internet vry informasie te kan ontvang’” staan in die verklaring.

Die ministers is ”  vasberade ” om ” aksies te onderneem om ‘n einde te maak aan die situasie “.

One Response to Europa veroordeel Iraanse sensuur van buitelandse media

  1. Kuifie

    Maart 23, 2010 at 1:38 pm

    Maar oor Sjina en Google bly Europa tjoepstil…