Subscribe by Email

Europa se oudste stad word opgegrawe

Dubbelverdiepinghuise en ‘n muur om die nedersetting is van die kenmerke van wat waarskynlik Europa se oudste stad kan wees.

Dié uitgrawings van ‘n stad wat uit 4 700 tot 4 200 voor Christus dateer word by Provadia in Boelgarye gedoen. Dit is ongeveer 1 500 jaar voor die begin van die antieke Griekse beskawing.

Die stad se inwoners, na raming sowat 350, het hul bestaan uit die myn van sout, en verkoop daarvan gemaak.

Die argeoloë is veral beïndruk oor die reuse muur om die nedersetting wat baie hoog gebou is.

Hoewel dit die oudste stad in Europa kan wees, is dit nie die oudste stad ter wêreld nie. Jerigo, Damaskus en Aleppo tel onder die stede wat daarop aanspraak maak dat hulle die oudste stad is, en Jerigo het onlangs sy tienduisendste bestaansjaar gevier.

Herman Toerien