Subscribe by Email

Etzebeth gaan gerus word

Eben-Etzebeth-3-1000x666 (1)In die Stormers-kamp verwag afrigter Robbie Fleck dat die Springbok-slot Eben Etzebeth volgende naweek teen die Bulls sy terugkeer behoort te maak. Sy dyspier het nog nie genoeg herstel om hom te oorweeg vir die komende naweek se kragmeting met die Sunwolves in Singapoer nie. Fleck wou Godlen Masimla op die bank kies nadat Leolin Zas geskors is, maar Masimla het die tweede keer dié seisoen harsingskudding opgedoen terwyl hy vir Westelike Provinsie gespeel het. Khanyo Ngcukana is nou ingesluit.