Subscribe by Email

Etiek in die werkplek – CDP

“D ie Christen-Demokratiese Party (CDP) is geskok maar nie verbaas nie oor die uitslae van ‘n peiling wat aandui hoeveel senior bestuurders in die Amerikaanse en Britse finansiële sektor vind geen probleem met onetiese en selfs onwettige optrede nie.

“Voorvalle van bedrog en korrupsie in Suid-Afrika is ongelukkig duidelike aanduiders dat dit nie anders in Suid-Afrika gesteld is nie,” sê ds. Theunis Botha, leier van die CDP.

“Volgens die fluitjieblasersfirma Labaton Sucharow dink sowat 25 % van die bestuurders dat onetiese en onwettige optrede vir hulle sukses sal inhou. Ongeveer 75 % dink dat die waghondinstellings nie doeltreffend is nie.

“Die uiteinde is dat mense hul werk gaan verloor en dat beleggers hul geld kwyt sal wees.

“Uiteraard moet die publiek ook eties ingestel wees. Te veel mense meen hulle kan gou en maklik ‘n paar rand verdien, en word dan die slagoffers van ponzi en ander skemas.”