Subscribe by Email

Et moordverhoor borgaansoek gaan voort sonder verandering in klagstaat

Na ’n vertraging vanoggend het die borgtog aansoek van Chris Mahlangu, beskuldigde in die Terre’Blanche moord, uiteindelik om 1 nm. begin. Die verrigtinge kon nie vroër begin het nie omdat die hof in Ventersdorp nog op soek was na ’n Tsonga tolk.

 

Buite die hof is daar talle lede van die gemeenskap wat daarop aandring dat Mahlangu op borgtog vrygelaat word.

Mahlangu se prokureur, Puna Moroko het aansoek gedoen dat die klag van beplande moord (skedule 6 misdaad) verander moet word na ’n klag van onbeplande moord (skedule 5 misdaad). Die hof het egter geweier om die klag te verander en die verrigtinge gaan tans voort.