Subscribe by Email

Esmaré Weideman van Huisgenoot was oneerlik, sê regters in uitspraak

Jurie Els en sy gesin

Eyewitness News berig vanoggend dat daar nog geen kommentaar vanaf Esmaré Weideman verkry kon word, nadat sy gister, saam met Media24 skuldig bevind was aan minagting van die hof. Versoeke vir kommentaar op die hofuitspraak vanaf Koerant bly ook onbeantwoord. Volksblad berig egter dat Weideman en mnr. Willem Breytenbach, uitgewer: Media24-gesinstydskifte, in ’n gesamentlike verklaring gesê het: “Ons neem kennis van die uitspraak en sal dit verder in oorleg met ons regsadviseurs bestudeer.”

Dit volg nadat drie appélregters haar en Media24 gister skuldig bevind het aan minagting van die hof, nadat sy die naam van die sanger Jurie Els gepubliseer het in ‘n artikel in Huisgenoot in 2008 wat verband gehou het met ‘n storie oor die sanger Robbie Klay se bewerings van seksuele aard teen Els, terwyl daar ‘n hofbevel teen die publikasie van Els se naam van krag was.

‘n Professor in Joernalistiek aan die Witwatersrandse universiteit, Professor Frans Kruger het aan die media gesê dat dit bloot oneerlik is om iemand, wie jy verbied was om te noem in een artikel, se naam wel te noem in ‘n ander plek in dieselfde publikasie, en dan te verwys na die artikel daarvandaan, sodat lesers self die afleiding kon maak. Die regters in gister se uitspraak het ook Weideman se getuienis bevraagteken en gesê hulle glo nie haar ontkennings oor die bybedoelings hiervan nie. Die regters het benadruk dat dit voor die hand liggend was dat Weideman die lesers uitgedaag het om twee en twee bymekaar te sit deur die lees van die twee apparte artikels.

Intussen gons dit op sosiale webwerwe soos Twitter en Facebook oor Weideman se skuldigbevinding. Volgens baie gebruikers van hierdie webwerwe sien hulle onder andere die Huisgenoot publikasie as ‘n “Ponie” publikasie wat daarop uit is om sensasie veral onder bekendes te soek, en  baie mense voel dat Weideman en Huisgenoot verantwoordelik was vir huwelike van bekendes wat al opgebreek het as gevolg van artikels en onthullings, waar of onwaar, wat daarin geplaas word.

Van hierdie bekendes maak ook geen geheim daarvan oor hoe hulle voel oor Weideman se skuldigbevinding nie.

Steve Hofmeyr skryf op sy webwerf die volgende hieroor: “Vir die twee jaar wat sy en haar “distasteful” spannetjie my geskets het as siek, perverse, narsis (en hulself as onfeilbare, selfs onskuldige godinnetjies), kry die publiek uiteindelik ‘n kykie in die tirannie van grenslose mediaregte en hoe hulle smile-smile ander se lewens opf*k. Vat so, poppie. En jammer oor die tee…”

Op Twitter is daar heelwat kommentaar en hier volg net ‘n paar voorbeelde oor hoe van die Twitter gebruikers reageer op Weideman se skuldigbevinding.

christiansmit Ja nee Steve. Power corrupts … Wonder of Me Weideman vervang gaan word en of die Koek en Trane nou maar kan toemaak?

hendrikjg you go Steve en Jurie ek koop al sedert die tee gedoente nie meer die ponie tydskrif nie

Deon_Steyn Nou is die “joko” op haar.

Lie1 dis die beste nuus wat ek die jaar gekry het!!! Hoop sy sien haar gat en sny haar polse!!!

Intussen het Jurie Els uit NZ op Facebook laat weet: “Oorwinning!! My appèl is gehandhaaf. Loof die Here, Hy is getrou!”

Alle oë sal nou gerig wees op die vonnis wat opgelê moet word aan Weideman en Media24.

 

6 Responses to Esmaré Weideman van Huisgenoot was oneerlik, sê regters in uitspraak

  1. WJ

    Desember 1, 2010 at 8:37 pm

    Media24, skop Esmare onder haar dinges. Sy is “bad” news.

  2. Denise Grobler

    Desember 1, 2010 at 7:47 am

    As jy kan Huisgenoot lees, kan jy ook 7de laan kyk. Esmare het haar alie gesien, nou is dit nog Yolanda Barnard en ander glitteraties wat ook ontbloot moet word as leuenaars en oneerlikes. Hulle maak joernalistiek se naam gat.

  3. Bantam

    Desember 1, 2010 at 7:44 am

    Ekn laaik daai een van die JOKO op haar. Ek dink Huisgenoot is nou ‘n SKOUSPEL.

  4. Koekie

    Desember 1, 2010 at 7:43 am

    Joost, Steve en ander moet sommer nou ‘n klasaksie aan die gang kry teen die Suisgenoot

  5. Ben Groenewald

    Desember 1, 2010 at 7:42 am

    Ek hoop diat die vonnis die moeite werd sal wees. Minstens moet die antie ook almal se regskostes sommer betaal, en ‘n paar oneerlike dae in die tronk sal haar dalk goed doen, om te besef met watter spel sy besig is. Joernalis se gat.

  6. Dewald

    Desember 1, 2010 at 7:39 am

    Dit is hoog tyd dat Huisgenoot ontbloot word vir die minderwaardige publikasie wat dit is. Hulle koop hul sensasie stories, en dit is goed dat Weideman op haar plek gesit word hier, en dat die lesers kan sien dat oneerlikheid by Huisgenoot seevier. Dank haar af.