Subscribe by Email

Esmaré Weideman van Huisgenoot skuldig bevind aan minagting van die hof

Die sanger Jurie Els het sy saak teen Esmaré Weideman, die hoofredakteur van die tydskrifte Huisgenoot, You en Drum, en Media24, in die Appèlhof in Bloemfontein gewen.

Weideman was redakteur van die drie tydskrifte toe ‘n artikel in 2008 gepubliseer is waarin die jong sanger Robbie Klay uitvoerig vertel het hoe Els hom na bewering seksueel gemolesteer het.

Els is v aangekla op verskeie seksaanklagtes teen Robbie Klay.  Huisgenoot het daarna ‘n artikel saamgestel waarin Els se naam genoem is.

Els het ‘n interdik bekom wat Weideman verbied het om sy naam openbaar te maak. Die artikel was daarna grootliks gesensor en het in Huisgenoot verskyn maar Els was steeds daarvan oortuig dat hy geïdentifiseer kan word.

Weideman as redakteur en Media24, uitgewer van die tydskrifte, is aan minagting van die hof skuldig bevind. Drie senior appèlregters – regters B. Nugent, J. Heher en A. Maya – het uitspraak in die saak gelewer. Die Appèlhof het die saak terugverwys na die Hooggeregshof vir ‘n paslike vonnis.

Els is verlede jaar in die Hooggeregshof in Pretoria onskuldig bevind op al die aanklagtes teen hom.

 

5 Responses to Esmaré Weideman van Huisgenoot skuldig bevind aan minagting van die hof

  1. Coen

    November 30, 2010 at 4:26 pm

    Wat het geword van Steve se tee gooi saak met die girl? Dalk gaan sy hom nou eers dagvaar om al die koste van Jurels se saak te kan betaal.

  2. Sarel

    November 30, 2010 at 1:48 pm

    Ek wonder of hierdie antie nog so lekker smile soos in die kiekie. Ek is geen Jurie fan nie, maar geluk aan hom, dat hy ten minste dit reggekry het dat skindertydskrifte moet weet hulle beter hofbeslissings te gehoorsaam, en nie hulle eie dom blonde koppe te volg om ‘n lekker storie te verkoop nie.

  3. Kareltjie

    November 30, 2010 at 1:43 pm

    Wat het geword van haar kamstige saak teen Steve oor die tee gooiery?

  4. Dallas

    November 30, 2010 at 1:41 pm

    Ag wat, kan iemand my asb vertel wat is Huisgenoot nou weer? O Jaa… dis mos daai skinder tydskrif wat verkoop word deur stories te skryf oor ander se leed. Kry vir jou Weideman

  5. Maryka

    November 30, 2010 at 1:39 pm

    Sy het gekry waarna sy gesoek het, en dit is hoog tyd. Ek hoop hulle sluit haar toe vir ‘n paar weke/maande sonder die keuse van ‘n boete.