Subscribe by Email

Eskom se voorgestelde hoë elektrisiteitsprysverhoging

DA partyDie Demokratiese Alliansie gaan  vandag  sy redes aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika-Nersa- voorlê oor waarom Eskom se voorgestelde hoë elektrisiteitsprysverhoging van meer as 25  persent nie goedgekeur moet word nie.

Die party se woordvoerder oor energie, Gordon Mackay, sê die ekonomie kan eenvoudig net nie ’n bykomende skok van ’n skerp tariefverhoging hanteer nie en werksgeleenthede kan in die slag bly.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê verbruikers word gedwing om Eskom se ondoeltreffendheid te finansier en baie mense kan dit nie bekostig nie.