Subscribe by Email

Eskom kry nog ‘n kragtariefverhoging

Eskom-Logo (1)Die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, het die redes verstrek waarom hy aan Eskom ‘n bykomende kragtariefverhoging van 9,4 persent toestaan het. Nersa sê in ‘n verslag die reguleringsrekenings-balans van 11 triljoen Rand is in die 2016/2017-boekjaar herwinbaar van standaard-tarief-verbruikers, plaaslike spesiale prys-ooreenkomste en internasionale verbruikers. Nersa het vroeër die maand aan die parlementêre komitee op Energie gesê hy is verplig om die belange van beleggers, Eskom én verbruikers te balanseer toe die besluit geneem is. Die verhoging tree Vrydag in werking.