Subscribe by Email

Eskom: Beurtkrag word die week verwag

Eskomloadshedding

Die uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het die versekering gegee dat instellings soos hospitale en lughawens nie by sy beurtkragblokke ingesluit sal word nie.

Talle dele van die land is steeds sonder krag. Uitgebreide beurtkrag het in Johannesburg, Pretoria, Kaapstad en dele van die Suid- en Oos Kaap voorgekom nadat ‘n steenkoolsilo by die Majubakragstasie in Mpumalanga Saterdagmiddag ineengestort het.

Matona het in ‘’n media berig by sy hoofkantoor in Megawattpark gesê daar is ‘n kraak in een van die silo’s waarin daar steenkool geberg word .

Matona het bevestig dat beurtkrag vir minstens ‘n week  tussen 08:00 en 22:00 landswyd sal voortduur.

Hy het gesê daar sal mobiele steenkool-voeders na die Majuba-kragstasie geneem word. “In die onwaarskynlike geval dat hierdie gebeurlikheid onsuksesvol is, kan dit ʼn impak hê op die kragstasie se verskaffing,”

Eskom se ingenieurs ondersoek die oorsaak van die kraak.

Vir verdere inligting besoek Eskom se webtuiste hier. http://loadshedding.eskom.co.za/