Subscribe by Email

Engeland se eerste minister, David Cameron, loop deur oor sy pa se buitelandse beleggings

davidIn die Verenigde Koninkryk word die eerste minister, David Cameron, daarvan beskuldig dat hy die publiek mislei het nadat hy erken het dat hy geld gemaak het uit ’n buitelandse belegging.  Die leier van die Arbeidersparty, Jeremy Corbyn, sê Cameron het die Britse volk se vertroue verloor. Na die onthullings in die sogenaamde ‘Panama Papers’ oor ryk mense wat belastingparadyse gebruik om hul skatte weg te steek, het Cameron gesê hy het niks om weg te steek oor sy oorlede vader, Ian, se beleggings nie. Hy is egter gedwing om te erken dat hy voordeel getrek het uit aandele in ’n beleggingsfonds wat deur sy pa bestuur is.