Subscribe by Email

Twee van die selfmoord-bomaanvallers in Brussel het kriminele rekords gehad

terroBelgië het vandag 12-uur ‘n minuut van stilte gehandhaaf vir die slagoffers van gister se terreuraanvalle. Daar is ook drie dae van rou in die land afgekondig. Drie ontploffings in Brussel het gelei tot die dood van 34 mense en sowat 250 is beseer. Intussen word kommer uitgespreek oor die feit dat die twee broers wat vir die aanvalle blameer word, Khalid en Brahim El Bakraoui, kriminele rekords gehad het. Daar word vrae gevra oor die polisie se onvermoë om hulle met terrorisme te verbind. Die soektog na ‘n derde verdagte wat op kringtelevisie gesien kan word duur voort.