Subscribe by Email

Elvis se Graceland-museum word opgeknap

MemphisGraceland6Op die 39ste herdenking van Elvis Presley se dood is aangekondig dat ‘n nuwe vermaaksentrum gebou word oorkant sy gewese huis in Memphis, Tennessee, wat in ‘n museum omskep is. Die koning van rock is op 16 Augustus 1977 op 42-jarige ouderdom oorlede. Die kompleks van 600 duisend Rand gaan ‘n groot klankverhoog insluit vir optredes en rolprent-vertonings. Dit vervang die verouderde besoekersentrum van Graceland waarin Elvis in die twintig jaar voor sy dood gewoon het.