Subscribe by Email

Elvis Blue by George opelugkonsert

elvis blue

George goue seun, Elvis Blue is op Sondag 12 Oktober te sien. Sy piekniek-vertoning is deel van Rapport se “Tussen Tuine” in samewerking met Hilltop Live. Die hekke maak 10h00 oop en die vertoning is van 13h00 tot 17h00.

Die reeks akoestiese opelugkonserte wat in Oktober 2014 afskop, sluit van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars in. Bobby van Jaarsveld en Theuns Jordaan is van die kunstenaars wat in tuine regoor die land optree.

Dis die perfekte geleentheid vir ‘n Sondagpiekniek saam met familie en vriende.

Kaartjies wissel van R100 pp tot R120 pp.

Daar is baie mense op George wie hom persoonlik ken en dit laat hom opgewonde maar ook senuweeagtig voel.

Hy meen “George is een van die lekkerste plekke in die hele wêreld.”