Subscribe by Email

Ekstremistiese Islamitiese verdagte onderweg na Duitsland aangekeer

Die Turkse veiligheidsmagte het ‘n vermeende Islamitiese verdagte in ‘n woonstel in Istanbul aangekeer en hy word aan Duitsland uitgelewer.

Die man, bekend is Peter B word al sedert 2004 deur die polisie in Stuttgart ondersoek. Hy word daarvan verdink dat hy lid van ‘n kriminele bende is en dat hy lede vir die radikale Jihad werf.

Peter B het ongeveer ‘n jaar gelede die Duitse ondersoekers ontglip en by familie op die grens tussen Pakistan en Afganistan gaan skuilhou.

Hy was skynbaar onderweg terug na Duitsland na hy die grens tussen Iran en Turkye onwettig oorgesteek het, toe hy aangekeer is.

Peter B ontken al die bewering teen hom, en sê hy het bloot na Pakistan teruggekeer om ‘n ruk saam met sy vrou en kinders soos ‘n Moslem te kon leef.

         Berliner Umschau

Foto: Jihad-uitbeelding, Reuters  

 

 

Herman Toerien