Subscribe by Email

Ekonomie knyp Obama se kanse

Pres, Barack Obama is die skraal voorsprong kwyt wat hy oor sy Republikeinse teenstander vir die presidentsverkiesing, Mitt Romney, geniet het.

Die jongste peiling wat minder goeie nuus vir die president inhou, is die Associated Press Gfk-peiling.

Volgens die peiling in Romney besig om die letsels van die fel Republikeinse nominasiestryd af te skud, terwyl Obama se kreeftegang aan ‘n derde agtereenvolgende maand van verminderde werkskepping toegeskryf word.

Die meerderheid Amerikaners, volgens die peiling, stem nie saam met die manier waarop Obama die ekonomie hanteer nie, en net 30 persent meen die land word in die regte rigting gestuur.

Nogtans het 57 persent van die ondervraagdes aangedui hulle glo die Amerikaanse kiesers sal Obama ‘n tweede termyn gun.

Bron: CBNNews.com

Spotprent: Christian Science Monitor