Subscribe by Email

EFF verhoor gaan voort

EFF

Die Parlement se Komitee oor Magte en Voorregte sal vandag voortgaan met sy ondersoek na die wangedrag van 20 Parlementslede van die Ekonomiese Vryheidsvegters

.Die LP’s sal nie teenwoordig wees nie, nadat hulle gister na ‘’n oggend van hoogdrama uit hul eie tugverhoor gestap het.

Die EFF-leier, Julius Malema, het die geloofwaardigheid van die komitee bevraagteken en gevra het dat alle aanklagte teen hulle laat vaar word.

Sy verklaring volg nadat 19 van die LP’s die aanklagte teen hulle aanvaar het. Een van die parlementslede,

Magdalene Munsamy, het verskoning gemaak dat sy nie die verrigtinge kan bywoon nie. Weens die afwesigheid van die LP’s van die EFF, het die voorsitter van die komitee, Lemias Mashile, ‘n pleit van onskuldig namens hulle aangeteken.

Die komitee het ook die video-materiaal van die verrigtinge in die Nasionale Vergadering op 21 Augustus besigtig, wat deel van die getuienis sal vorm. Die komitee sal vandag begin om getuienis te lei. RSG-nuus berig