Subscribe by Email

EFF rig sy visier op 2019

jujuDie EFF-leier Julius Malema sê Woensdag se verkiesing gaan nie net oor plaaslike regering nie en die party het sy oog op 2019 se algemene verkiesing. Die EFF het gisteraand ‘n sakedinee in Polokwane, Limpopo, gehou waar Malema aan sakeleiers gesê het die verdeling van grond is die sleutel waarmee ongelykheid in die land uitgewis moet word. Die party sluit sy verkiesingsveldtog vandag af op die Peter Mokaba-stadion in Polokwane. Duisende ANC-ondersteuners is op pad na Ellispark in Johannesburg vir die regerende party se laaste saamtrek voor die verkiesing.