Subscribe by Email

Eerste dagvaarding na verdwyning van Vlug 370

malaysian airline

Twee Maleisiese seuns gaan die land se lugredery en die regering dagvaar vir nalatigheid wat die dood van hulle pa veroorsaak het. Dit is glo die eerste dagvaarding van dié aard sedert die verdwyning van Vlug 370 wat in Maart skoonveld verdwyn het..

Die seuns, wie pa aan boord was, eis vergoeding vir die emosionele lyding en die verlies aan onderhoud as gevolg van die ongeluk.

Agt maande ná die verdwyining kon ‘n soektog deur verskeie lande geen spoor van die vliegtuig vind nie.