Subscribe by Email

Eerste Amerikaners se herkoms geneties vasgelê

Intensiewe genetiese toetsing bevestig wat al ‘n hele ruk vermoed is – die Amerikaanse Rooihuide se voorouers het in minstens drie migrasiestrome uit Oos-Siberië na die Noord-Amerika getrek.

Die eerste groep het die grootste impak gemaak en oor die hele Suid- en Noord-Amerika versprei en het van ‘n landbrugg gebruik gemaak wat ouer as 15 000 jaar was. Die tweede groep, die Kanadese Chipewyan wat ‘n Na-Dene-taal praat, se genetiese materiaal het tot die verre noorde beperk gebly, en is selfs daar so met die eerste groep vermeng dat die eerste groep se genetiese materiaal 90 % van hul genetiese samestelling uitmaak.

Die laaste groep is die Eskimo-Aleute-groep wat omtrent 50 % van hul DNS aan die eerste groep ontleen.

Verder is vasgestel dat van die lede van hierdie laaste groep ook weer terug na Oos-Siberië gemigreer het van die eerste groep se genetiese materiaal so teruggeneem het.

Die volledige verslag verskyn in die jongste uitgawe van Nature.

http://popular-archaeology.com/issue/june-2012/article/native-american-origins-stem-from-at-least-three-separate-migrations

Herman Toerien