Subscribe by Email

Een sterf en 19 beseer in Taiwanese aardbewing

‘n Vrou van 72 is dood toe ‘n tempelmuur op haar omgeval het toe ‘n sterk aardbewing Taiwan geskud het. Hoewel die aardbewing omtrent in die middel van Taiwan voorgekom het, is dit oor die hele eiland gevoel en geboue in Taipei het gewieg. Nog negentin mense is deur vallende puin beseer.

Die aardbewing het volgens die Amerikaanse USGS op ‘n diepte van net meer as 20 kilometer onder die oppervlak ontstaan, en 6 op die momentmagnitudeskaal geregistreer.

Verskeie aardbewings van M5 of sterker het die afgelope 24 uur in verskillende wêrelddele voorgekom, waaronder Rusland, Indonesië en Japan.

Herman Toerien