Subscribe by Email

Ebola in Amerika!

Amerika het sy eerste geval van ebola bevestig!

Die pasient wat blootgestel is aan die ebola-virus het onlangs van Liberië na Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas gereis

Die man se identiteit is nie bekend gemaak nie.

Sy toestand word beskryf as kritiek en “hy” word sedert Sondag in die Texas Presbyterian hospitaal behandel.

‘n Woordvoerder van die hospitaal het dit duidelik gestel dat sy behandeling daar “minimale risiko” inhou vir die ander pasiënte.

Met bykans 3,000 sterftes in Afrika weens die besmetting deur Ebola-virus, blyk dit of die al groter wordende probleem ook meer probleme besorg.

Duisende toeriste wat beplan het om Afrika vanjaar te besoek, word deur ebola afgeskrik.

Namibia se gesondheids minister het onlangs gewaarsku teen reis na Zimbabwe na berigte van a sterf geval weens Ebola by Harare se Parirenyatwa Hospitaal. Zimbabwe se minister van gesondheid,Paul Chimedza het hierdie berigte egter ten sterkste ontken.ebola