Subscribe by Email

Dwelmsmokkelaars smokkel met styl

Die twee mees gevorderde dwelmtonnels onderdeur die Amerikaans-Meksikaanse grens is pas ontdek. Hierdie tonnels van 137 meter of langer, is onder meer met lugventilasie en elektriese lig voorsien, en die gevorderde konstruksies en afwerking verstom die polisie. Die een tonnel was nog onvoltooid, maar die ander was voltooid maar klaarblyklik nog nie lank in gebruik nie.

Die voltooide tonnel het na raming sowat R10 miljoen gekos om te bou.

Hierdie tonnels het waarskynlik aan die Sinaloa-kartel behoort.

Dit is nie net enorme hoeveelhede heroïne en dagga wat deur die Meksikaanse dwelmkartelle oor, of onderdeur die grens gesmokkel word nie, maar Colombiaanse kartelle gebruik ook dikwels hul Meksikaanse “kollegas” om kokaïne na die VSA te smokkel. Die Meksikaanse kartelle smokkel ook toenemed mense oor die grens.

Sedert 2008 is al 70 smokkeltonnels onderdeur die grens ontdek.

Op die oomblik woed ‘n stryd oor ‘n geheime Amerikaanse operasie, Fast and Furious, waardeur gemerkte vuurwapens aan Meksikaanse dwelmkartelle verkoop is in ‘n poging om die groot visse te vang. Slegs ‘n paar klein vissies is gevang, en ‘n Amerikaanse federale agent is met een van die wapens vermoor.

Havoscope Black Market beraam die dwelmsmokkelwaarde in Meksiko op $40 miljard per jaar (R333 miljard). By http://www.havocscope.com/mexico/

kan die volledige lys van smokkelware uit Meksiko, van sigarette, wapens, musiek en vele meer en hul pryse besigtig gesien word.

Video van tonnels

http://www.guardian.co.uk/world/video/2012/jul/13/mexico-drug-smuggling-tunnels-video?newsfeed=true

Herman Toerien