Subscribe by Email

Dwelmsindikaat van Pretoria almal nou agter tralies

Magic Mushrooms

’n Verdagte in ’n multi-miljoen rand se dwelmsindikaat, het homself aan die polisie oorhandig. Dit volg op verskeie arrestasies wat die polisie in Pretoria die afgelope week uitgevoer het, in verband met hierdie sindikaat, waar die straatwaarde van die dwelms beraam word op tot 60 miljoen rand, wat gekonfiskeer was. Altesaam 18 lede van die sindikaat is nou in hegtenis geneem en die polisie vermoed dat dit die hele sindikaat is.

Die laaste verdagte, wat homself oorhandig het nadat al sy makkers reeds gearresteer was, het gister by die Brooklyn polisiekantoor opgedaag, omdat hy nerens anders meer oorgehad het om heen te vlug nie.

Die verdagtes verskyn vandag, (Woensdag) in die hof.

Tot op hede, het die polisie 60 miljoen rand se dagga, “magic mushrooms” en voorskrifmedisyne gekonfiskeer in en om Pretoria, wat verbind word met hierdie sindikaat. Hulle verwag om nog meer dwelmmiddels op te spoor soos wat die ondersoek vorder.