Subscribe by Email

DUUR verblyf vir ons siek oues van dae

Wat het ons oues dae gedoen om sulke duur sorg te verdien? My ouers het albei sorg nodig. Daar is net een pension inkomste van R3900.00 en is nie genoeg vir een persoon se sorg nie wat nog te se van 2 mense. Ons as familie het ook nie fondse beskikbaar in die moeilike ekonomiese klimaat om ‘n bydrae te maak nie. Daar word altyd ingesamel vir die behoeftig en weerlose kinders van ons land, maar wat van ons oumense? Nou dat ek self in die situasie is, is dit regtig ‘n spies in mens se hart om te sien dat ons ou mense afgeskryf word en nie die kans gegun word om hul laaste dae te geniet en te voel dat daar nog vir hulle omgegee word nie. Is daar iemand wat kan bystaan met hulp of dalk van ‘n plek weet wat miskien goedkoper is as R3900 p p?