Subscribe by Email

Duitse wetenskaplikes glo kan ‘n entstof teen kanker ontwikkel

medicines-lWetenskaplikes in Duitsland sê ‘n universele kanker-entstof is op die horison nadat hulle ontdek het hoe immuunselle herbedraad om enige soort siekte te beveg. Professor Ugur Sahin van die Johannes Gutenberg-universiteit in Mainz sê die potensiële nuwe behandeling behels dat klein partikels van die genetiese kode in die liggaam ingespuit word en die immuunselle dan leer om spesifieke kankers te herken. Sahin sê proefnemings met drie velkanker-pasiënte het getoon dat die behandeling hanteerbaar is.

3 Responses to Duitse wetenskaplikes glo kan ‘n entstof teen kanker ontwikkel

  1. Dimitri Boer

    Junie 3, 2016 at 7:28 pm

    Baie diep Louis.

  2. Louis

    Junie 3, 2016 at 3:09 pm

    Dis nie ‘n entstof nie. Dis genetiese manipulasie. Die liggaam is ‘n eenheid, en die nagevolge van dit vir die pasiënt kan eers oor volle leeftyd van volgende 80 jaar bepaal word. Voorts gaan daardie gemanipuleerde gene aan die pasiënt se nageslag oorgedra word, sou hy/sy na behandeling voortplant. Hierdie area is nie vooruitgang nie, dis agteruitgang na die voortyd. Wat was, sal weer wees, daar is niks nuuts onder die son nie.

  3. Koos

    Junie 3, 2016 at 1:34 pm

    Hoop en bid dat die Duitsers sukses in hul poging sal behaal…… Ek hoop ook dat hulle sommer aan ‘n ENDSTOF vir Zupta en sy kronies begin werk.