Subscribe by Email

Duitse toeriste word gedreig deur blouligboelies

’n Kaapstadse besigheidsman wat twee Duitse toeriste na die lughawe vervoer het, beweer dat hy gestop is op die N2, deur ’n VIP konvooi van swart Audi motors en dat 3 lede van hierdie konvooi hulle wapens in die gesig van een van die Duitse toeriste se gesig geswaai het, terwyl hulle hom gedreig het.

Die insident het blykbaar gebeur omdat die toeris ’n video-opname gemaak het van hul rit na die lughawe, waaronder hy dus ook hierdie konvooi afgeneem het.

Ray Wright, die sakeman, het agter hierdie konvooi gery, toe die agterste swart motor in die middel van die N2 tot stilstand kom en hom dwing om ook te stop. Terwyl ander motors links en regs verby hulle gaan om ’n ongeluk te vermy, het drie VIP wagte na bewering uit die swart motor gespring en die Duitse toeris wat met sy selfoon die video geneem het, met hul 9mm pistole gedreig om die selfoon te oorhandig want hy mag nie foto’s neem van die konvooi nie. Die houding van die wagte was baie arrogant en die toeris het die video uitgewis van sy selfoon, voordat hulle kon verder ry.

Die twee Duitse toeriste, wat in Munich in die mediese vervaardigingsbedryf is, was ’n week lank in Suid-Afrika op soek na beleggingsmoontlikhede. Dit is egter te betwyfel of hulle na hierdie beweerde voorval enigsins in Suid-Afrika gaan belê, volgens Wright.

Wright is van plan om ’n amptelike klag te gaan indien en tot dan, kan die polisie nie die saak behoorlik ondersoek nie, sê Kolonel Vish Naidoo, woordvoerder.