Subscribe by Email

Duitse grand prix

monte-carlo-formula-1-action-lewis-hamilton-mercedes_3306040Die verdedigende kampioen, Lewis Hamilton van Brittanje, het sy voorsprong op die Formule Een-punteleer tot 19 vergroot toe hy die Duitse grand prix vir Mercedes gewen het. Die Australiër Daniel Ricciardo was tweede en sy Red Bull-spanmaat, Max Verstappen van Nederland, derde. Die ander Mercedes-jaer, Nico Rosberg van Duitsland, het in die voorste plek weggespring, maar ‘n vyf sekonde-straf gekry omdat hy Verstappen van die baan laat ry het, en uiteindelik vierde klaargemaak.