Subscribe by Email

Dubbele honderdtal vir Obus

Obus Pienaar

Terwyl verlede seisoen se groot kanonne rondom hom kanonvoer was, het die Knightskolwer, Obus Pienaar gewys dat die keurders se vertroue in hom geregverdig was deur 212 lopies teen die Titane te moker.- Herman Toerien
Met spelers soos Dean Elgar en Rilee Rouuw wat elk net sewe lopies bymekaar kon skraap, was dit duidelik dat die 21-jarige Pienaar behoorlik op sy stukke is.
Toe Pienaar op 199 gaan slaap het na slegte sig verhinder het dat hy reeds op die eerste dag die mylpaal kon behaal, het hy reeds 31 viere gemoker en die bal vier keer luglangs oor die grens getimmer.
In die proses het Pienaar ook sy duisendste eersterangse lopie in slegs 20 kragmetings aangeteken. Hy het voor die wedstryd ook reeds 50 paaltjies platgetrek.
Pienaar het net ‘n week tevore, teen die Dolyne, ‘n honderdtal gemoker, na hy week tevore weens swak lig op ‘n onoorwonne 92 teen Noordwes weens swak lig gefnuik is. Hy het dié jaar ook reeds 128 teen Namibië aangeteken, en 110 vir die SA Akademiespan teen hul eweknie van Bangladesj. Laasgenoemde is egter nie as eersterangse honderdtal erken nie.