Subscribe by Email

Drukgroep sê gratis hoër onderwys is wel moontlik in Suid-Afrika

bladeDie Hoër Onderwys-hervormingsnetwerk sê gratis tersiêre onderrig is wel moontlik in Suid-Afrika en behoort die armstes van die armes te bevoordeel. ‘n Kommissie wat president Jacob Zuma in Januarie aangestel het, ondersoek tans die uitvoerbaarheid van gratis onderrig. Die drukgroep sê betogings sal voortgaan by tersiêre instellings tensy gratis onderrig aan arm studente voorsien word. Hy sê maatskappye met hoë omset behoort verplig te word om ‘n heffing te betaal wat in ‘n fonds gestort kan word om gratis onderrig te voorsien.

Die studenteliggaam Sasco glo die besluit om die kommissie langer kans te gee om sy ondersoek te voltooi, is geldvermorsing. Die kommissie het nou tot November om ‘n voorlopige verslag in te dien. Sasco sê ‘n ministeriële taakspan het reeds die uitvoerbaarheid van gratis onderwys vir arm studente bepaal en die kommissie ondermyn werk wat reeds gedoen is.

Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, hou vandag ‘n nuuskonferensie oor universiteitsfooie vir volgende jaar.