Subscribe by Email

Dronk vriendin gaan geroep word as getuie in Windpomp verkragtingsaak

Wynand Burger, die Afrikaanse sanger, beter bekend as Wynand Windpomp, gaan onskuldig pleit in die verkragtingsaak teen hom wat deur ’n sangeres van Mosselbaai gemaak is, nadat hy een aand tydens die KKNK by haar in haar tent geslaap het.

Wynand is Woensdag op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy twee nagte in die polisieselle in Oudtshoorn deurgebring het. Hy het homself aan die polisie gaan oorgee nadat hy bewus geword het daarvan dat hy aangekla word van verkragting. Die beweerde voorval het Sondag omstreeks 04:10 gebeur toe Wynand by die sangeres in die Tentedorp-kampeerterrein slaapplek vir die nag gesoek het.

Wynand se prokureur, Christo van der Bergh, het volgens nuusmedia toestemming gegee dat sy klient se naam gepubliseer mag word, al het hy nog nie amptelik gepleit op die aanklag teen hom nie.

Volgens Mnr. Van der Bergh, ontken Wynand nie dat hy wel seks met die klaagster gehad het nie, maar dit was nie verkragting nie. Van der Bergh sê die meisie is vermoedelik ’n sukkelende sangeres wat aandag probeer trek. “Hierdie is ’n komplot teen ’n onskuldige man,” sê hy.

Volgens ’n polisieverklaring was die vriendin wat langs die beweerde slagoffer gelê en slaap het blykbaar te dronk om te weet wat om haar aangaan. Dié vriendin gaan steeds as getuie geroep word wanneer die verhoor gaan begin op 17 Maart 2010.

Wynand Windpomp is bekend vir liedjies soos “Te La Di. Da” en “Sterre wat fluister” en maak goeie opgang in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

3 Responses to Dronk vriendin gaan geroep word as getuie in Windpomp verkragtingsaak

  1. Carieke

    Oktober 20, 2010 at 8:45 am

    As sy dan ‘n sangeres is of was waarom is haar naam nie gepubliseer nie? Sy wou tog immers net publisiteit gehad het so dus sou dit in haar guns getel het as sy haar naam in die koerante laat pleister het. Mense wat Wynand ken weet dat hy hope respek het vir vrouens. As enige iets moet die saak dalk hulle angle verander. Haar storie het meer gate in as ‘n twee daanse sif.

  2. mhuman

    Mei 17, 2010 at 4:59 pm

    Net omdat jy opkomende sanger is dink jy jy mag maak soos jy wil – respeklose v… – it takes 2 to tango maar wys jou waar jou ordentlikheid sit – hoop jy kry wat jou toekom. ek ken nie die meisie maar weet net indien ek jou ma of suster is, skaam ek my morsdood.

  3. Kuifie

    April 12, 2010 at 11:17 am

    Dit lyk my Windpomp het sy naam nie gesteel nie, of ‘n ANC leier het die voorbeeld gestel. Hoop net Windpomp het daarna ‘n stort gevat.