Subscribe by Email

Driekwart van Afrika se savannas verdwyn in 50 jaar

Volgens ‘n studie wat pas in Biodiversity and Conservation verskyn het, is Afrika die afgelope 50 jaar sowat 75 persent van sy savannagebiede kwyt. Daarmee saam het die leeubevolking van dié gebiede van ‘n geraamde 100 000 tot tussen 32 000 en 35 000 afgeneem, skryf die navorsers van die Duke-universiteit van Noord-Carolina.

Die navorsers het onder meer van gevorderde satellietbeelde gebruik gemaak. Die savannas word veral weens boerdery versnipper, wat weer die gevolg van groot bevolkingstoenames in dié lande is. Die navorsers kon nog 67 geïsoleerde savannagebiede geïdentifiseer waarvan net tien as lewensvarbaar vir leeubevolkings beskou is. Die meeste van dié gebiede is in nasionale parke geleë.

Foto: Thistock

 

 

Herman Toerien