Subscribe by Email

Drie SA universiteite hou kers vas by die bestes!

turnupthelove-UCT

Times Higher Education het drie Suid-Afrikaanse universiteite  onder die top 400 universiteite ter wêreld gelys – Universiteit van die Witwatersrand (Wits), die Universiteit van Kaapstad (UK) end die Universiteit van Stellenbosch (US).

Phil Baty, redakteur van die ranglys meen dis belangrik dat ontwikkelende lande daarop focus om ten minste ‘n paar universiteite op die voorgrond van kennisontwikkeling te hê.

Die ranglys meet universiteite se sukses aan die hand van 13 prestasie-aanduiders, wat insluit:

  • Die verhoudingsgetal tussen student en dosente;
  • Die getal grade en doktorsgrade verwerf, en
  • Die hoeveelheid navorsing wat in joernale gepubliseer is

Hierdie jaar se top tien universiteite sluit in

  1. Kaliforniese Instituut van Tegnologie
  2. Harvard-universiteit
  3. Universiteit van Oxford
  4. Stanford universiteit
  5. Universiteit van Cambridge
  6. Massachusetts Instituut van tegnologie
  7. Princeton-universiteit
  8. Universiteit van Kalifornië
  9. Imperial-kollege Londen
  10. Yale-universiteit

Die UK het opgeskuif en beklee vanjaar die 124ste plek en US se posisie het verbeter tot een van die top 300 universiteite ter wêreld.