Subscribe by Email

Drie Oos-Vrystaatse munisipaliteite dalk in donkerte gehul

Eskom will drie munisipaliteite se krag afsny

Eskom will drie munisipaliteite se krag afsny

Eskom dreig om sy kragtoevoer na drie Vrystaatse munisipaliteite, Ngwathe (Parys en Heilbron en omstreke), Dihlabeng (Bethlehem en Clarens) en Maluti-a-Phofung (Harrismith, Qwaqwa en Kestell)  op 3 Oktober  te ontkoppel weens miljoene rande se uitstaaande skuld.

Aan die einde van Julie moes hoë vlak bespreking gevoer word oor hoe uitstaande skuld betaal sou word en om te keer dat die drie Oos-Vrystaatse munisipaliteite se krag ontkoppel .

James Letuka, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, is van mening dat albei LUR’s (Elzabé Rockman en Olly Mlamleli) besig is om die publiek te mislei. Letuka sê die provinsiale regering speel met vuur as hulle voorgee dat die elektrisiteitstoevoer nie opgeskort gaan word nie en dat ‘n oplossing vir die probleem gevind is terwyl dit agterna blyk nie so te gewees het nie.

Die Vrystaatse regering is op die rantjie van ineenstorting, sê Letuka.

Letuka sê die DA kan nie toelaat dat inwoners wat betaal verantwoordelik gehou word en gedreig word dat hulle sonder elektrisiteit gaan sit wanweë die onbevoegdheid van munisipaliteite om skuld in te vorder nie.

“Ons gaan ‘n regsmening inwin om Eskom te verhoed om voort te gaan om die Vrystaatse munisipaliteite se krag om middernag te ontkoppel”.