Subscribe by Email

Drie-jaar-kontrak met die Europese kampioene

Duane-Vermeulen-Inaction-120303G300Die president van die Franse klub, Toulon, Mourad Boudjellal, het bevestig dat die Springbok-agtsteman en kaptein van die Stormers, Duane Vermeulen, ‘n drie-jaar-kontrak met die Europese kampioene aangegaan het.

Nog twee internasionale spelers wat gekontrakteer is, is die gewese stut van Engeland, Matt Stevens, wat in die Superrugbyreeks vir die Sharks gespeel het, en Ierland se kaptein en slot, die 35-jarige Paul O’Connell.

Die Nieu-Seelandse senter, Ma’a Nonu, en die Australiese toetsspelers, Quade Cooper en James O’Connor het al vroeër ook kontrakte met Toulon geteken.