Subscribe by Email

Dr Bennie Cilliers moordverhoor vandag voortgesit in Rondgaande hof

Dr Ben Cillers, foto: Facebook

Bethulie – Verskeie staatsgetuies in die Bennie Cilliers moordverhoor is vol vertroue dat die twee beskuldigde mans van sy moord wel skuldig is.

Thabang Jordaan en Vid Zamayo het onskuldig gepleit op aanklagte van moord, poging tot moord en huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede in die rondgaande hof in Bethulie. Hulle ontken dat hulle ooit verklarings afgelê het in ‘n  Vrystaatse landdroshof en dat hulle ooit  sekere polisiebeamptes ontmoet het.

Hulle het ook ontken dat gesteelde eiendom van die  Cilliers familie   in hul besit gevind was. Smithfield se plaaslike dokter, Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia, was aangeval en beroof in Januarie 2016 op hul plaas Gouda naby Rouxville waarin Bennie oorlede is in die aanval.

Die ondersoekbeampte, Eben van Zyl, het aan die hof gesê hy het volle vertroue in die getuienis teen die twee aangeklaagdes van die gru misdaad.

In een van die verklarings het een van die beskuldigdes ontken dat hulle gesê het dat hulle nie van plan is om die dokter te vermoor nie.

Die beskuldigdes Thabang Jordaan en Vid Zamayo

Die beskuldigdes: Thabang Jordaan en Vid Zamayo Foto: Conrad Bornman

Die staat het die polisiemanne wat die beskuldigdes na die Gariepdam-landdroshof vir die verklarings vervoer het, asook hul vervoer het na die Rouxville Landdroshof vir hul eerste hofverskyning,  as getuies geroep. Die Gariepdam hoftolk het hulle ook geïdentifiseer dat hulle wel daar was. ‘n Forensiese ondersoeker het aan die hof bevestig dat die DNA-bewyse behoorlik hanteer is.

Twee van die seuns van Cilliers en ‘n skoonseun het vandag se verhoor bygewoon.

Die verhoor duur voort.