Subscribe by Email

Dosyne mense sterf in ‘n aanval op ‘n lughawe in Istanboel

Medics and security members work at the entrance of the Ataturk Airport after explosions in Istanbul, Tuesday, June 28, 2016. Two explosions have rocked Istanbul's Ataturk airport, killing several people and wounding others, Turkey's justice minister and another official said Tuesday. A Turkish official says two attackers have blown themselves up at the airport after police fire at them. The official said the attackers detonated the explosives at the entrance of the international terminal before entering the x-ray security check. (IHA via AP) TURKEY OUT

Minstens 36 mense is dood in ‘n terreuraanval op die hoof-lughawe van Istanboel in Turkye. Sowat 150 mense is gewond toe drie aanvallers met aanvalsgewere losgebrand het, waarna hulle hulleself opgeblaas het toe hulle vasgekeer is. Premier Binali Yildirim sê ‘n aanvanklike ondersoek dui op die terreurgroep Islamitiese Staat. Die oorgrote meerderheid slagoffers is Turke, maar daar is ook buitelanders onder hulle. Die land se grootste stad het vanjaar al onder ‘n vlaag aanvalle deurgeloop.