Subscribe by Email

Dosent gedagvaar oor haatspraak uitlatings!

dosent aan UV

n DOSENT in Afrika-tale aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), mnr. Diketso Thulo, is gedagvaar vir persoonlikheidskending. ’n Boer van Dewetsdorp, mnr. Willem Lombard, het tot dié stap oorgegaan nadat hy ’n brief, deurspek met taal- en spelfoute, van Thulo gekry het.
Lombard het glo nie die afval van drie skape, wat Thulo by hom gekoop het, gelewer nie.

Thulo skryf onder meer in die brief dat Lombard “steeds lewe in ’n Suid-Afrika van apartheid. Jy leef nog asof jy steeds vir elke Afrikaan in die land die baas is.” “Wat ek wil duidelik maak in jou lui en slinkse verstand, is deur jou kortsigtigheid kon jy nie besef dat ek nie by jou dele van skape gekoop het nie, maar drie skape met al die afval, lewers, longe en alles – menende drie hele skape, en nie dele nie.”

Verder sê Thulo “jou dade kan die gees van haat aanvuur. Jy moet versigtig wees om nie die saad van haat te saai nie oor die stink trots van die Afrikaner wat jy is, wat steeds misluk om te versoen met die vuil verlede wat julle mense aan Afrikane gedoen het.”

“Ek stel nie meer belang in die afval waarvoor ek betaal het nie. Jy het dit vir jou familie gegee om te eet. Jy het geen respek vir my nie, en ek glo ook nie net vir my nie – dit is wat jy altyd doen aan ander Afrikaan-kliënte. As jy ‘baas’ met my wil speel, gaan jy jou vingers verbrand.”

Die VF+ het intussen ’n verklaring uitgereik en die brief sterk veroordeel. Die nasionale jeugleier, Jan van Niekerk, sê hulle gaan ’n klag by die Menseregtekommissie (MRK) indien. “Die VF+ verwag van die UV-bestuur om ’n voorbeeld van Thulo te maak, aangesien dit reeds in studentekringe gons dat die UV-bestuur reëls eensydig toepas.”