Subscribe by Email

Dookoom liedjie aanstigting tot geweld

Doorkoom se liedjie “Larney you p***” word skaars ‘n week nadat die Wes Kaapse Cosatur leier Tony Ehrenreich gedreig het om plase in die Wes-Kaap “op groot skaal te beset” uitgereik.

Dookoom se kletsrymlied, “Larney jou p***”, begin met die volgende lirieke:

Farmer Abrahams had many farms,
and many farms had farmer Abrahams,
I work one of them and so would you,
So let’s go burn ‘em down.

Die burgerregtegroep AfriForum het reeds gedreig dat hulle regstappe teen die groep gaan doen as hulle voortgaan om die liedjie uit te reik.

Dookoom verwys in die lied ook na Jan van Riebeeck as ʼn “skollie” wat saam met ʼn “veroordeelde bemanning” in die land aangekom het.

Ernst Roets,  adjunk uitvoerende hoof van AgriForum, sê die kunstenaar het uiteraard die reg om sy woede oor politieke kwessies deur sy musiek uit te druk. “Hy het selfs die reg om homself te verneder deur ʼn reeks growwe onwaarhede oor ons verlede te verkondig, maar die feit van die saak is die lied is ʼn oortreding van die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie en sy uitlatings word nie deur die grondwet beskerm nie,” het hy bygevoeg.

“Terwyl hierdie persoon geld probeer maak deur populisme, word ʼn buitensporige hoeveelheid boere inderdaad vermoor en gemartel, soos wat die Menseregtekommissie tans in hul verhoor oor plaasmoorde aangehoor het,” het Roets gesê. “AfriForum beplan om stappe te doen teen die sogenaamde ‘kunstenaar’.”

Roets het bygevoeg hy hoop die bruin gemeenskap sal ook standpunt inneem om die persepsie, dat een individu namens ʼn groep mense kan praat, te voorkom.

“n Anonieme plaaswerker sê: “Daar is baie krapperigheid tussen die eienaars en die werkers.  Dit is asof hull ons nie vertrou oor die verlede nie.  Ons is ook bang ons verloor ons werk as ons hulle aanvat oor sekere goed, want jy word geviktimiseer.  Dit is soms nie meer lekker om op die plaas te werk nie.”

“Hopelik het ons uit die vorige keer geleer wat gebeur het.”

WAARSKUWING:  Die liedjie  is uiters kru en kan sensitiewe luisteraars en kinders ontstel.