Subscribe by Email

“Don’t touch me on my studio” Visagie bedank uit AWB

Steyn van Ronge, nuwe AWB leier. Foto, The daily Maverick.

Op die AWB se eerste nasionale konferensie ná die dood van Eugène Terre’Blanche het dié organisasie se sekretaris-generaal bedank, berig Nuus24.

André Visagie, wat ná Terre’Blanche se dood die aanstelling van die nuwe leier betwis het, is vort. Hy bring nou ’n nuwe regse organisasie, genaamd Geloftevolk Republikeine, op die been.

Steyn van Ronge, AWB-leier, het Die Burger gister in ’n onderhoud oor Visagie se bedanking ingelig.

Visagie het verlede Saterdag op die AWB se nasionale konferensie op Paardekraal bedank.

“Dit was ’n algehele verrassing, maar die generale staf het dit aanvaar,” het Van Ronge gesê.

Visagie was ná Terre’Blanche se dood betrokke in die “Don’t touch me on my studio”-onderonsie tydens ’n regstreekse televisie-onderhoud in e.tv se ateljee. Hy het daarna uitgestorm.

Lees volledige berig hier.

2 Responses to “Don’t touch me on my studio” Visagie bedank uit AWB

  1. Kuifie

    Junie 10, 2010 at 12:27 pm

    Afstig is al wat hulle kan. Saamstaan sal hulle nooit nie. Dis die swakste punt van Afrikanerdom…en die ANC weet dit.

  2. Ropie

    Junie 10, 2010 at 12:12 pm

    “Hy bring nou ’n nuwe regse organisasie, genaamd Geloftevolk Republikeine, op die been.”
    Mooi, mooi, weer ‘n nuwe organisasie… Daar is amper soveel organisasies as daar Afrikaners en/of Boere is. Elkeen sy eie organisasie moet nou de leuse wees!