Subscribe by Email

Donald Trump loop sy rieme styf

donald-trumpDie Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump, het ‘n slegte dag beleef toe hy tydens die voorverkiesing in twee state, Wyoming en Washington DC, verloor het. Die bombastiese eiendomsmagnaat is steeds die voorloper op nasionale vlak en onder sy partygenote, maar Florida se senator Marco Rubio het hom maklik geklop in die Republikeinse koukus in die hoofstad. Netwerk24 berig dat Rubio 37-komma-3-persent van die stemme gekry het teenoor die goewerneur van Ohio, John Kasich, se 35-komma-5-persent, terwyl Trump derde was met slegs 13-komma-8-persent.