Subscribe by Email

Dodetal in die ontploffing in Bagdad styg tot bo 200

1025692392Uit Irak word berig dat die sterftesyfer na gister se selfmoord-bomaanval in die hoofstad tot minstens 213 opgeskiet het, wat dit een van die dodelikste terreuraanvalle nog in die land maak. Meer as 200 mense is gewond in die voorval in die besige Karrada-distrik in Bagdad waar mense inkopies gedoen het vir die viering van die einde van Ramadan. Reddingswerkers sê hele gesinne is uitgewis.