Subscribe by Email

Dodelike sneeustorting in Himalajas

heavy_snow_himalaya_ap

Reddingspanne in Nepal is besig met ‘n laaste poging om oorlewendes op te spoor na ‘n dodelike snueestorting in die berg Annapoerna in die Himalajas.  Dit is die tweede sneeustorting vanjaar.

Die bergreeks is die tyd van die jaar ‘n gewilde bestemming vir toeriste en bergklimmers. Bykans 400 bergklimmers en gidse is gered, maar minstens 39 mense het omgekom.

Nog 19 mense word vermis. Die Nepalese weermag het gure weer trotseer om met helicopters gestrande stappers te gaan red.  Die reddingspoging moes telkens afgelas word omdat swaar sneeuval die sig erg belemmer het.

Van die oorlewendes is erg beseer en is in hospitale in Katmandoe opgeneem.  Weermaghelikopters het kospakkies na vasgekeerde stappers afgegooi.