Subscribe by Email

Dodelike aanval op ‘n hotel in Mogadisjoe

150220123219-02-mogadishu-0220-exlarge-169Uit Somalië word berig dat sowat vyftien mense dood en meer as vyftig gewond is toe militante ‘n hotel in die hoofstad, Mogadisjoe, bestorm het. Hulle het eers ‘n motorbom voor die  gebou laat ontplof en toe binne met sekerheidswagte gebots. Die terreurgroep Al-Sjabaab het aanspreeklikheid aanvaar. Dit volg nadat die regering aangekondig het dat hy die Al-Sjabaab-militant Mohamed Kuno gedood het wat in April verlede jaar die aanval op die Universiteit Garissa in Kenia gelei het waarin 148 mense dood is.