Subscribe by Email

Djokovic sit sy segetog voort

novak-djokovic-roland-garros-reaction-thursdayNovak Djokovic het sy segetog voortgesit toe hy die Fransman Gael Monfils in die halfeindstryd van die Rogers-beker in Toronto, Kanada, met 6-3 en 6-2 afgeransel het. Japan se Kei Nishikori is ook deur na die eindronde nadat hy die tweede gekeurde Switser, Stan Wawrinka, met 7-6 en 6-1 verslaan het. Die wêreld se eerste gekeurde Djokovic het nou die kans om die eerste speler te word wat die toernooi vier keer kan wen wanneer hy vandag teen Nishikori te staan kom.