Subscribe by Email

“Dis diskriminasie”

Johannesburg, 7 Oktober 2014 – Die vakbond Solidariteit pak die Suid-Afrikaanse Inkomstediens in die Arbeidshof oor beweerde rassediskriminasie.

Karen Labuschagne werk die afgelope 26 jaar vir die Inkomstediens.

Sy het aansoek gedoen vir ‘n pos in 2010 en is deur ‘n interne paneel daarvoor aanbeveel.

Labuschagne het egter nie die pos gekry nie omdat die Inkomstediens meen daar is té veel wit vroue in sy diens.

Hieronder volg ʼn opsomming van die verskillende regsaksies wat Solidariteit ingestel het en wat hierdie week aangehoor gaan word:

Maandag 6 Oktober: Solidariteit sal begin om sy klagte wat hy by die CERD, wat onder die  beskerming van die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir menseregte bedryf word, aanhangig te maak. Die CERD is ʼn liggaam wat bestaan uit onafhanklike deskundiges belas met die taak om die implementering van die Konvensie oor die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie deur sy lidlande te monitor. Solidariteit wil die staat se beleid en ideologie oor regstellende aksie teen internasionale norme toets.

Dinsdag 7 Oktober en Woensdag 8 Oktober: ʼn Saak oor onbillike diskriminasie op grond van ras teen die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal namens ʼn Solidariteit-lid, me. Labuschagne, in die arbeidshof aangehoor word.

Donderdag 9 Oktober: Solidariteit gaan die minister van polisie, die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Popcru en Sapu in die arbeidshof die stryd aansê in ʼn poging om ʼn hofbevel te bekom waarvolgens Solidariteit toegelaat word om, namens daardie lede van hom wat deel is van die nie-aangewese groep werknemers, oor die SAPD se Diensbillikheidsplan vir 2015-2019 te konsulteer.

Vrydag 10 Oktober: Solidariteit gaan die arbeidshof nader ten einde ʼn hofbevel vir minagting van die hof teen die minister van justisie en korrektiewe dienste, adv. Michael Masutha, en die waarnemende nasionale kommissaris van die departement, mnr. Zach Modise, te bekom