Subscribe by Email

Digitale kaarte op skaal van 1 tot ‘n miljoen bekend gestel

Die Amerikaanse USGS het pas digitale kaarte bekend gestel wat tot op ‘n skaal van een tot ‘n miljoen data bevat. Die kaarte is nog net van die VSA, en bevat twee keer soveel geïntegreerde data as enige vorige weergawe. Op die nuwe kaarte kan baie detail bekom word oor grense, soos landsgrense, deelstate en distrikte, data kan onttrek word oor vleilande, kuslyne, stroompies en ander waterdraende verskynsels, data oor paaie, spoorlyne, lughawens en stede en dorpe.

Die USGS het ook ‘n nuwe data-ingetreerder, bekend as DataONEbekend gestel. Dié diens stel navorsers in staat om reuse hoeveelhede beskikbare data sinvol te onttrek. Verskeie navorsingsinstansies oor die wêreld skakel hierby in en stel ook hul inligting beskikbaar.

Die nuwe soekenjin maak dit moontlik om data wat voorheen onderling onversoenbaar was, ook te integreer. 

 

 

Herman Toerien