Subscribe by Email

Dieretuinnuus

Die eerste babapanda in ‘n Japannese dieretuin na natuurlike voortplanting gebore. Die ouers, die ma Shin Shin en die pa Ri Ri het verlede jaar uit China na Tokio verhuis.

Na berig word gaan dit goed met die ma en baba.

Nog dieretuinnuus is dat ‘n Indonesiese dieretuin die oerangoetang Tori nou buite die bereik van besoekers plaas. Tori het aan sigarette verslaaf geraak. Tori het tien jaar gelede sy eerste kankerbalkie opgesteek deur besoeker na te doen. Rookgoed had hy volop van die meevallertjies wat besoekers in sy hok gegooi het.

Charlie, ‘n sjimpansee van die Bloemfonteinse dieretuin wat gereeld sy dampies gemaak en skaamteloos ‘n rookdingetie met klappende lippe en handbewegings by besoekers gebedel het, is enkele jare gelede dood.  

Foto: ANP

 

 

Herman Toerien