Subscribe by Email

Diensleweringsbetogings gaan na verwagting toeneem voor die verkiesing

serviceDie Instituut vir Sekerheidstudies verwag dat dienslewerings-betogings sal toeneem in die aanloop tot Augustus se plaaslike regeringsverkiesing. Betogings het die afgelope weke in verskeie dele van die land voorgekom. Johan Burger van die instituut sê gewelddadige opstande kan toeneem as politieke verandering nie binnekort plaasvind nie. Daar was die afgelope dekade ‘n styging van 247 persent in die voorkoms van gewelddadige betogings.